Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Van Stadensrus: Spesialiseenhede nodig om plaasaanvalle te bekamp

Die dubbele plaasmoord op Van Stadensrus in die Vrystaat Dinsdag waarin ‘n bejaarde egpaar wreed vermoor is, benadruk die VF Plus se standpunt oor die noodsaaklikheid vir spesialiseenhede teen plaasaanvalle," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Die VF Plus het in dié verband ‘n skrywe aan pres. Ramaphosa gerig om te vra dat daar ‘n kommissie van ondersoek na plaasmoorde aangestel word, en ook ‘n dringende vergadering met die minister van polisie aangevra om hom te versoek dat plaasmoorde ook as prioriteit hanteer moet word.

Die aanval op Choppie en Mariaan Bruwer volg na ‘n bloedige naweek waarin drie mans in Stellenbosch, Rustenburg en Hartbeespoort vermoor is.

Groenewald sê die tyd het aangebreek dat president Cyril Ramaphosa sy stilswye oor die vlaag plaasaanvalle breek en hom in die openbaar uitspreek teen die sinnelose aanvalle.

"Dieselfde geld vir die minister van polisie wat hom ook sterk uitgespreek het teen die aanvalle en moorde in moskees, maar oor plaasmoorde word niks gesê nie.

"Die minister van polisie het onlangs gesê dat rooftogte by huise as deel van die trio-misdade nou ‘n prioriteit vir die polisie is. Die VF Plus se standpunt hieroor is dat ‘n plaasaanval, en daarom plaasmoorde, in dieselfde kategorie as ‘n huisroof in ‘n stad of dorp gesien kan word en daarom behoort dit dieselfde fokus en prioriteit van die polisie te geniet.

"Die VF Plus spreek sy medelye uit met die families van die vermoorde boere en die party sal voortgaan met sy stryd om die regering te laat besef dit is ‘n prioriteit om plaasmoorde effektief te bekamp," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.