Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Uitspraak oor Malema welkom, maar lang wagtyd vir vonnis stel teleur

Julius Malema se skuldigbevinding op alle aanklagte in die vuurwapensaak teen hom is welkom, maar die vonnisvertraging tot 23 Januarie 2026 is teleurstellend. Geregtigheid moet vinniger geskied.

Die saak spruit uit Malema se afvuur van ’n aanvalsgeweer tydens die EFF se 2018-verjaardagviering in Mdantsane.

Suid-Afrikaners is moeg vir misdaad en die staat se klaarblyklike huiwering om in sekere gevalle kragdadig op te tree. Vertragings in sake skep die persepsie van ongelyke geregtigheid.

Die uitspraak bevestig nogtans dat niemand bo die wet verhewe is nie. Die VF Plus verwelkom hierdie beginsel en eis die deurlopende toepassing daarvan.

Die VF Plus sal nou ook wil sien dat daadwerklike stappe geneem word om Malema se beweerde rol in die VBS-skandaal en ander korrupsie-aanklagte te ondersoek.

Intussen het AfriForum ook sy “Malema-dossier” aan amptenare van president Donald Trump in die Withuis oorhandig.

Dit bevat ‘n lys van klagtes oor haatspraak, aanhitsing tot geweld, korrupsiebeskuldigings en selfs ondersteuning vir terreurorganisasies wat oor jare strek.

In Suid-Afrika se misdaadgeteisterde samelewing kan politieke leiers nie bo vervolging staan nie. Malema verdien die swaarste straf, al is dit eers in Januarie 2026.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.