Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se verwaarlosing van padinfrastruktuur stel motoriste in gevaar

Die eerste reënbuie van die seisoen het net weer gewys hoe min die ANC/EFF-koalisieregering van die Ekurhuleni-metro daarin belangstel om noodsaaklike infrastruktuur soos paaie te onderhou.

Ten spyte van die feit dat die VF Plus die metro al vir jare versoek om stormwaterdreine in Kemptonpark te herstel en skoon te maak voor die aanbreek van die reënseisoen, gebeur dit nie en trek motoriste aan die korste end.

Okkerneutstraat in Edleen is ʼn sprekende voorbeeld waar motoriste hul weg moet vind op ʼn pad wat soos ʼn rivier lyk wanneer dit reën.

Die oppervlak van dié straat het boonop nou nog verder ingesak na die eerste reën, al is daar herhaaldelik versoeke aan die metro se paaie- en waterdepartement gerig om dringend aandag aan die straat se toestand te skenk.

Die toestand van padinfrastruktuur in die metro en veral in Kemptonpark, is nie net ʼn ongerief nie, maar ʼn bewys van ʼn mislukte regering wat daagliks inwoners se lewe in gevaar stel.

Oorstroomde kruisings, beskadigde voertuie, ongelukke en verkeersknope het die norm geword onder die bestaande ANC/EFF-administrasie

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die metro om infrastruktuurinstandhouding te prioritiseer en beskadigde paaie soos Okkerneutstraat op te knap voordat ʼn tragedie daar afspeel.

Ekurhuleni se inwoners verdien beter as ‘n regering wat nie omgee vir die inwoners nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.