fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Tyd dat Zuma prys betaal vir sy optrede

"Dit is duidelik dat oud-president Jacob Zuma martelaar probeer speel deur te sê hy sal nie voor die Zondo-kommissie getuig nie en hy is uitdagend deur te sê hy sal eerder tronk toe gaan as om te getuig," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Deur ook te sê die huidige regering tree op soos die vorige regering, sleep hy apartheid in en speel hy die apartheidskaart.

"Met hierdie poging probeer Zuma die aangeleentheid verpolitiseer en dit sal die spanning binne die ANC aansienlik verhoog. Die faksiegevegte in die ANC sal hierdeur op die spits gedryf word.

 

"Indien Zuma so onskuldig is as wat hy voorgee, kan hy dit maklik maak vir homself en vir die land deur te gaan getuig voor die kommissie waar hy sy onskuld kan bewys."

 

"Die VF Plus se siening is dat Zuma vervolg moet word en tronk toe moet gaan indien hy dit verkies om só die prys te betaal vir die wandade waarby hy betrek word.

"Die belastingbetalers van Suid-Afrika het reeds ‘n duur prys betaal vir dié oud-president se optrede waar hy toegelaat het dat belastinggeld geplunder word.

"Die tyd het daarom aangebreek dat hy ook die prys betaal vir sy optrede," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.