fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro se finansiële situasie verbeter geleidelik

Die aanstelling van kundiges in sleutelposte in die Tshwane-metro het ʼn beduidende rol gespeel in die verbetering van die metro se finansies en werksaamhede.

Die kommentaar is verlede Vrydag deur die ouditeur-generaal (OG) gelewer tydens ʼn vergadering met die metro se openbare rekeningekomitee.

Die OG het dit egter duidelik gestel dat daar nog ruimte vir verbetering is en die artikel 79-komitees, waarvan die openbare rekeningekomitee deel is, het meer toesig oor departemente nodig. Dit geld ook vir die interne ouditdepartement.

Die VF Plus is dit eens met die OG en sal in aanvang met die voorlegging van die begroting vir die 2024/25-finansiële jaar voorstel dat die bewilliging van fondse ten opsigte van infrastruktuur vergroot word.

Die agterstand in die herstel van infrastruktuur moet verklein word om te verhinder dat die metro miljoene aan inkomste vir water en elektrisiteit verloor.

Die VF Plus sal voortdurend in komiteevergaderings voorstelle doen om die werksaamhede van Tshwane-metro te verbeter.

Die openbare rekeningekomitee moet ook verslae behoorlik bestudeer om te sorg dat die metro vinniger vooruitgaan en die agterstand in departemente ingehaal word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.