fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro en binnelandse sake sal saamwerk om onwettige grondbesetting hok te slaan

Onwettige buitelanders wat veral betrokke is by onwettige grondbesetting en misdaad, sal eersdaags na hul land van oorsprong teruggestuur word.

Die Tshwane-metro en die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber, het Vrydag ooreengekom om saam te werk om die probleem aan te spreek. ʼn Formele samewerkingsooreenkoms word eersdaags verwag.

Die VF Plus het Vrydag gesprekke met minister Schreiber gevoer om onwettige grondbesetting, misdaad, die verkoop van vervalsde goedere, kabeldiefstal, onwettige elektrisiteitsverbindings en afpersing hok te slaan.

Een van die grootste probleme is buitelanders wat verlate geboue in die middestad beset waar hulle kamers aan ongedokumenteerde buitelanders verhuur wat ʼn gesondheids-, brand- en veiligheidsrisiko inhou.

Die vermoede bestaan dat sindikate met stadsamptenare, regsfirmas en die aktekantoor saamwerk om eiendomme in die naam van misdadigers oordra.

In Pretoria-Wes waar meestal Somaliërs woon, word groot hoeveelhede vervalsde goedere verkoop terwyl in Sunnyside (bekend as Little Lagos), waar oorheersend Nigeriërs woon, dwelmhandel aan die orde van die dag is.

In Centurion en Pretoria-Oos waar oorheersend Zimbabwiërs en Mosambiekers woon, vind veral vandalisering van infrastruktuur en kabeldiefstal plaas.

Buiten vir bystand met immigrasiebeheer, is die minister gevra om te help met onmiddellike deportasie, verbeterde grensbeheer en die ondersoek na korrupsie by Suid-Afrikaanse grense.

Die VF Plus is van mening dat ander departemente betrek moet word om die probleem verder te bestry. 

Die kapingsprobleem in Tshwane kan nie langer voortgaan nie en daarom is die VF Plus verbind tot die uitwissing van die onwettige kaping van geboue en misdaad wat daarmee gepaard gaan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.