Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika se regering moet kennis neem van die Amerikaanse realiteit

(Parlementsdebat: Die eskalerende krisis in die Midde-Ooste ná die onlangse VSA-aanval op Iran en die implikasies vir Suid-Afrika)

Suid-Afrika se steun vir Iran en die negatiewe gevolge vir die land weens sy vyandigheid teenoor Amerika het alles te doen met die ANC se historiese verbintenis met lande en organisasies wat sy bevrydingstryd gesteun het.

Die belange en welstand van Suid-Afrika het geen plek in hierdie ideologiese spel nie.

Midde in die Midde-Oosterse konflik is dit van die allergrootste belang om te vra hoe Suid-Afrika die minste skade kan opdoen. Die vraag is hoe raak dit Suid-Afrika en sy mense.

Ideologiese bande is betekenisloos wanneer mense in ‘n land swaarkry en honger ly. Dit koop nie brood nie.

Die VF Plus se mening is nogtans dat dit belangrik is om te besin oor die konflik in die Midde-Ooste, veral oor die gevolge vir Suid-Afrika.

Die parlementsdebat oor die aangeleentheid en die uitsprake van ANC-lede het bevestig wat die VF Plus deurentyd sê: Dat verbintenisse van lank gelede die optrede van die land se buitelandse beleid rig.

Die probleem wat dit skep, is dat dit nie tred hou met ‘n veranderende wêreld waar daar bloot omgesien moet word na dit wat in die beste belang van Suid-Afrika is nie.

Iran tel nie eens onder die top dertig handelsvennote van Suid-Afrika nie. Amerika is die land se naasgrootste handelsvennoot.

Nogtans omarm Suid-Afrika deur die ANC Iran en maak toenemend van Amerika ‘n vyand. Dit is ‘n gevaarlike spel wat nie in Suid-Afrika se guns kan afloop nie.

Ideologiese bande gaan nie help om vir die bykans 43 % werklose Suid-Afrikaners kos op die tafel te plaas nie. Net sinvolle handelsbande met betroubare handelsvennote sal dit kan doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.