Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika sal moet begin met voorsorgmaatreëls teen Koronavirus-uitbreking

"Die VF Plus is bekommerd oor die uitbreking van die Koronavirus in China wat reeds 106 lewens geëis het," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwooordvoerder van gesondheid.

"Suid-Afrika is ‘n probleem in hierdie opsig aangesien die land se grense tussen buurlande oop lê en daar nie voldoende beheer oor die daaglikse toestroming van mense oor die grense is nie. Dit gaan nie alleen help om die land se lughawens en hawens te beheer om die virus te keer nie, want dit kan die land binnekom op ander plekke en grense.

 

"Die VF Plus maan die Suid-Afrikaanse regering om voorkomend op te tree en toe te sien dat Suid-Afrikaanse burgers ten alle koste teen die virus beskerm word."

"‘n Verbod op die onwettige handel van diere moet ook dadelik strenger ingestel word en daar moet voldoende samewerking wees tussen die departemente van gesondheid, handel en nywerheid, binnelandse sake en ander wetstoepassers om te keer dat die virus in Suid-Afrika posvat.

"Openbare en private hospitale en klinieke moet op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas word en daar sal seker gemaak moet word dat hierdie instellings wel doeltreffend sal kan funksioneer indien gevalle van die virus in Suid-Afrika aangemeld word. Daar kan nie tyd gemors word nie en voorsorgmaatreëls by hierdie instellings moet reeds nou opgeskerp word.

"Sover dit aan die VF Plus bekend is, is daar nog geen gevalle in Suid-Afrika aangeteken nie," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.