Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Spesiale ondersoek na Covid-19-bedrog moet bespoedig word en politici insluit

"Die werk van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na bedrog met die toekenning van kontrakte rondom die Covid-19-pandemie, moet bespoedig word en daar moet daadwerklik teen die skuldiges opgetree word," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die eenheid het wel gevorder met die ondersoek soos bewys word deur die spesiale ondersoektribinaal se beslissing dat twintig maatskappye R10 miljoen moet terugbetaal vir korrupte tenders.

"In ander gevalle het die SOE aanbeveel dat amptenare wat betrokke was by beweerde ongerymdhede departementeel aangekla word en dat hul pensioene gevries word.

"Sekere sake is ook aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek en vervolging.

 

"Die geld wat tot dusver teruggevind is, is ook ‘n druppel aan die emmer gemeet aan die berigte en bewerings van bedrog wat plaasgevind het."

 

"Die werksaamhede van die SOE kos die belastingbetaler waarskynlik al meer as die geld wat tot dusver verhaal is en die wiel van geregtigheid draai in hierdie geval te stadig.

"Dit val ook op dat geen hoë profiel-politikus volgens die SOE by ongerymdhede betrokke is nie en slegs amptenare is tot dusver by die ondersoek betrek.

"Die SOE moenie wegskram daarvan om politici behoorlik te ondersoek, en indien skuldig, te laat vervolg nie.

"Die VF Plus sal die vordering van die ondersoek deeglik monitor. Suid-Afrikaners verwag om geregtigheid te sien en die SOE se werk tot dusver voldoen nie aan die verwagtinge nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.