Die VF Plus is saam met die inwoners van die Fraai Uitsig-munisipale woonstelle in Ashton en die Le Roux-woonstelle in Montagu verheug oor die besluit om nie die huur vir dié laekostebehuising te verhoog nie.
Die party is oorval deur klagtes van inwoners oor die beplande verhoogde huur en het druk uitgeoefen op die Langeberg-plaaslike munisipaliteit (Ashton, Bonnievale, McGregor, Montagu, Robertson) om die deernis-subsidie te behou tot die huidige inwoners afsterf of uittrek.
Die Langeberg-munisipaliteit het na baie druk van die VF Plus hiertoe ingestem.
Die Langeberg-munisipaliteit wou aanvanklik die huur van die munisipale woonstelle verhoog en weerlose bejaardes sodoende dwing om die behuising te ontruim indien hulle nie die huur kon bekostig nie.
Die VF Plus sal onverpoos veg teen onbillike besluite wat weerlose bejaardes benadeel.
Navrae: 076 296 2285