Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

SOE-ondersoek na wanadministrasie in Nelson Mandelabaai word verwelkom

Die VF Plus verwelkom die proklamasie van president Cyril Ramaphosa wat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) magtig om wanadministrasie in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) te ondersoek.

Die SOE moet onder meer ondersoek instel of goedere en dienste wat deur of namens die metro gelewer is rakende LED-straat- en vloedbeligting en die betalings wat daarvoor gemaak is, geskied het op ʼn wyse wat regverdig, mededingend, deursigtig, billik en koste-effektief was.

Die ondersoek dek ook enige onwettige of onbehoorlike optrede deur amptenare of werknemers van die metro, die toepaslike verskaffers of diensverskaffers of enige ander persoon of entiteit.

Die VF Plus beskou die ondersoek as ʼn stap in die regte rigting om korrupsie en die wanaanwending van belastinggeld in die NMBM stop te sit.

Die party dring daarop aan dat indien die ondersoek enige misdadige optrede deur amptenare of diensverskaffers ontbloot, daar sonder meer strafregtelik teen hul opgetree moet word.

Dit moet dien as afskrikmiddel vir ander amptenare en entiteite wat openbare fondse as hul eie beskou.

Dit sal verseker dat belastingbetalers se geld verantwoordelik en effektief aangewend word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.