fbpx
Vryheidsfront Plus

Sekuriteitsmaatskappy moet verantwoordelikheid neem vir inbrake by Mogale City-biblioteke

Die sekuriteitsmaatskappy wat in beheer is van die beskerming van biblioteke in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) moet verantwoordelikheid neem vir die onlangse inbrake in die biblioteke van dié munisipaliteit.

Die VF Plus het tydens ‘n vergadering van die munisipaliteit se kuns en kultuurportefeuljekomitee, waar ‘n verslag oor die inbrake ter tafel gelê is, gevra dat beeldmateriaal nagegaan moet word om vas te stel wie die skuldiges is.

Die biblioteke word 24-uur bewaak, maar daar is op 6 Augustus en weer op 1 September by die Muldersdrift-biblioteek ingebreek terwyl ‘n sekuriteitswag aan diens was.

Die lugversorger se koperkabels is gesteel, maar geen saak is by die polisie aanhangig gemaak nie aangesien die sekuriteitswag die enigste persoon op die perseel was.

Op 1 September om 21:50 het ‘n sekuriteitswag by die Krugersdorp-biblioteek aangedui dat die voordeur oopgebreek is. Vier rekenaars en ‘n skandeerder is gesteel.

Die VF Plus, as een van die munisipaliteit se koalisievennote, sal nie die huidige sekuriteitsmaatskappy se aansoek goedkeur om permanent op te tree as diensverskaffer van die munisipaliteit nie.

Openbare biblioteke speel 'n noodsaaklike rol in die verskaffing van veilige, toeganklike en gratis opvoedkundige hulpbronsentrums vir Mogale City se inwoners en moet gekoester en bewaar word, nie geplunder nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.