Die VF Plus in die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit het vandag tydens ‘n raadsvergadering teen ‘n verhoging van 3% vir raadslede gestem.
Die raad het ’n verhoging van 3% terugwerkend vanaf Julie 2021 goedgekeur en dit sluit raadslede in wat nie herkies is tot die munisipale raad nie.
Hierdie terugwerkende verhoging sal die raad ‘n addisionele bedrag van R738 331 uit die sak jaag vir die 2021/22-finansiële jaar.
Met swak dienslewering, wanbestuur en die algehele verval van die munisipaliteit, is dié salarisverhoging nie vir die VF Plus ‘n prioriteit nie.
Die geld kan eerder aangewend word om kritieke infrastruktuur te herstel of te vervang.
Hierdie is weereens ‘n bewys dat die ANC-beheerde raad sy belange eerste stel ten koste van die inwoners van Tzaneen.
Tzaneen verdien beter as die ANC.