Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rooi ligte flikker oor staat wat magsdronk word

"Die ANC se poging om in sekere provinsies totale beheer uit te oefen oor alle voedselhulp en die verspreiding daarvan, is totaal onaanvaarbaar. Die regering wil hom nou die reg toe-eien om skenkers voor te skryf wie gehelp mag word met hul skenkings en wie nie," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Daar was in die laaste weke talle berigte oor korrupsie en hoe die ANC hulpverlening tot sy eie party-politieke voordeel aanwend.

"Daar word reeds teen minderhede gediskrimineer ten opsigte van hulppakkette aan kleiner sake-ondernemings. Dit is selfs amptelik bevestig deur die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak dat die toekenning van hulp op grond van ras wel grondwetlik en regmatig is. Die VF Plus stem nie daarmee saam nie.

 

"Dit wil voorkom of die regering totaal magsdronk geraak het en vae regulasies word aan wetstoepassers oorgelaat om self in detail te vertolk."

 

Gauteng se departement van maatskaplike ontwikkeling versoek in ‘n beleidsriglyn dat dié departement voortaan alle skenking in dié provinsie sal ontvang en versprei. Dit sal sluit alle skenkers in, van private persone tot nie-regeringsorganisasies.

In eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga het die munisipaliteit ook ‘n riglyn uitgereik met die versoek om skenkings namens alle organisasies te beheer. Indien dit elders ook gebeur, word die publiek gevra om die VF Plus daarvan in kennis te stel.

Wat Gauteng aanbetref, is dit bekend dat sy waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Panyaza Lesufi, jare reeds ‘n onverbloemde veldtog teen Afrikaanse skole voer. Die VF Plus het geen vertroue dat enige regverdige toedeling van voedselhulp sal geskied met Lesufi aan die stuur daarvan nie.

 

"Die ANC het oor baie jare ‘n reputasie opgebou dat hy staatshulpbronne gebruik tot sy eie voordeel en veral die uitdeel van kospakkies het telkemale ter sprake gekom waar mense in ANC-kleure kospakkies aan alle hulpbehoewendes uitgedeel het om sodoende die indruk te wek dat dit van die ANC kom.

 

"Die VF Plus se mening is dat die ANC-regering nie vertrou kan word nie, ook nie met die uitdeel van kos nie."

 

"Dit is verstommend dat van die publiek en organisasies verwag word om hulpbehoewendes in hierdie krisistyd te help terwyl die ANC daaroor beheer wil uitoefen.

"Daar is verskeie voorbeelde, berigte en plasings op sosiale media van polisie- en weermagvergrype teen die publiek. Mense word gedreig met inhegtenisneming sou hulle dit waag om in Seepunt hul voet op die grasperk te sit tydens hul oggend-oefening, enkele branderplankryers by die kilometer-lange Kommetjie-strand word met inhegtenisneming gedreig, mense wat kos aan haweloses uitdeel word gedreig, ‘n man wat alleen in sy motor is sonder sy masker aan word in hegtenis geneem en vele meer.

"Dit terwyl talle mense in veral informele nedersettings en haweloses oënskynlik ongehinderd toegelaat word om vryelik en sonder maskers op straat te wees. Groot getalle mense wat op straat bedel, raak ‘n algemene verskynsel.

"Die huidige regulasies het dit ten doel om die verspreiding van die koronavirus te vertraag en die publiek se samewerking daarmee en hul bereidwilligheid om minderbevoorregtes te help, was tot dusver baie goed. Die regering moet hierdie welmenendheid nie vertrap nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.