fbpx
Vryheidsfront Plus

Rommelstatus: Suid-Afrika kan Zuma nie langer bekostig

Standard & Poor’s se kredietafgradering van Suid-Afrika na rommelstatus, is te wyte aan president Jacob Zuma wat weereens bewys het dat hy sy eie belange bo dié van Suid-Afrika stel.

Standard &Poor’s wat aanvoer dat die vervroegde besluit om Suid-Afrika af te gradeer en dit direk te koppel aan die kabinetskommeling, bewys dat Zuma en die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba, geen vertroue of geloofwaardigheid in die finansiële wêreld kon vestig nie en is die goeie werk van Pravin Gordhan met ‘n enkele optrede van Zuma vernietig.

Dit is die verbruikers wat die prys hiervoor gaan betaal deurdat daar ‘n gevaar is dat rentekoerse aansienlik kan groei in die toekoms, dat die ekonomiese groeikoers meer beperk gaan wees en dat die belastingbetalers sal moet opdok vir verhoogde rente op staatskuld.

Gigaba se onbevoegdheid word hierdeur geïllustreer deurdat hy vandag sou gesê het dat die staat meer skuld sal aangaan om projekte te finansier.

Verdere gerugte dat hy vandag aan die media gesê het dat die land nie afgegradeer sal word nie, wys dat hy totaal uit voeling is met die werklike ekonomiese vereistes wat deur die wêreld gestel word aan lande wat geld wil leen.

Die mense van Suid-Afrika wat reeds gebuk gaan onder finansiële druk gaan nou swaarder kry en dit is alles veroorsaak deur pres. Zuma.

 
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.