Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus deel van optog na Uniegebou

Die VF Plus sal môre deelneem aan die beplande optog deur SaveSA vanaf Kerkplein (10 vm) na die Uniegebou in Pretoria, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die VF Plus wil sodoende sy solidariteit betoon met die burgers van Suid-Afrika teen die ANC-regering met ‘n president soos Jacob Zuma wat besig is om die land oor die afgrond te stuur.

Dit het tyd geword dat die regeringstelsel moet verander. Tans laat die stelsel toe dat een man en een party al die mag het en dit misbruik. Suid-Afrika moet ‘n federale stelsel kry waar die president beperkte magte het en die mense meer seggenskap in hulle eie sake verkry.

“Die regering van die land se maatstaf moet wees wat in die beste belang van sy mense is gegrond op meriete, en die aanwending van sy belastinggeld vry van korrupsie.

“Die VF Plus is daarvan bewus dat verskillende organisasies polities verskillende beleidstandpunte het, maar ons is van mening dat almal eensgesind moet wees oor die noodsaaklikheid van ekonomiese groei en dat die land veilig moet wees vir al die mense wat in hom woon,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.