Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun mosie van wantroue in Zuma

Die VF Plus sal enige mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma ondersteun. Pogings om weer ‘n mosie van wantroue in hom te stel moet egter strategies oorweeg word.

Die korrekte strategie sal wees om die ANC geleentheid te gee om intern steun te probeer werf waardeur ‘n mosie van wantroue in Zuma deur parlementslede van die ANC ingestel word.

Enige mosie van wantroue in Zuma vanaf die opposisie sal die ANC-parlementslede verenig aangesien die ANC nie sal kan toelaat dat die indruk gewek word dat ‘n opposisieparty die president van die ANC verwyder het nie.

‘n Mosie vanaf die opposisie sal ‘n futiele oefening wees. Daar moet eerder gekonsentreer word dat opposisielede op ‘n vertroulike individuele vlak ANC-LP’s probeer werf om dan ‘n mosie van wantroue in Zuma in te stel.

‘n Ander moontlikheid is dat daar gepoog moet word om ‘n geheime stemming af te dwing sou ‘n mosie van wantroue in Zuma ingestel word.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.