fbpx
Vryheidsfront Plus

Rioolstorting in Vaalrivier by Bloemhof weens wanbetaling van ANC-beheerde Ruth Mompati-distriksmunisipaliteit

Onverwerkte riool word sedert gister in die Vaalrivier by Bloemhof gestort deur die plaaslike rioolverwerkingsaanleg.

Dit blyk dat dié aanleg weens ʼn gebrek aan instandhouding en kapasiteitsprobleme nie in staat is om Bloemhof se riool doeltreffend te verwerk nie.

Die feit dat ʼn nuwe rioolverwerkingsaanleg reeds vir jare onvoltooid staan weens die ANC-beheerde Ruth Mompati-distriksmunisipaliteit se wanbetaling van die aangestelde kontrakteur, belig weer die skynbare onbevoegdheid van die munisipaliteit om na inwoners se belange om te sien.

Om weens blatante wanbestuur grootskaalse water- en omgewingsbesoedeling te veroorsaak, is ʼn verdere klad op die ANC se naam.

Hierdie voorvalle hou ook ʼn bedreiging in vir die plaaslike toerismesektor sowel as vir landboubelange in die gebied.

Verskeie groenteprodusente en ander boere wat van besproeiing uit die Vaalrivier afhanklik is, se inkomste word bedreig omdat hul produkte deurlopend aan streng kwaliteit- en gesondheidsvoorwaardes moet voldoen.

Die VF Plus het reeds ʼn klag ingedien by die nasionale omgewingsmisdaad- en voorvalle-aanmeldingspunt, wat dit deurgegee het aan die Groen Skerpioene vir ondersoek.

Die gemeenskappe van Bloemhof en Christiana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.