Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polokwane: Munisipaliteit se verdoemende forensiese verslag laat meer vrae ontstaan

Die bevindinge van ʼn verdoemende forensiese verslag oor die Polokwane-plaaslike munisipaliteit dui op dié munisipaliteit se mislukte interne prosesse en swak projekbestuur.

Die verslag toon duidelik dat direkteure en bestuurders nie behoorlik gemonitor word nie en dat die wanbestuurde menslike hulpbronafdeling grootliks bygedra het tot die kommerwekkende stand van munisipale finansies.

Dit belig ook die gebrekkige vermoë van die munisipale bestuurder, me. Thuso Nemugumoni.

Luidens die forensiese verslag is daar onder meer bevind: 

• Die betrokke owerhede het nie projekte, planne en kostes verbonde daaraan in lyn met munisipale wetgewing goedgekeur of afgeteken nie.

• Die bepalings vir die uitgebreide openbare werke-program is nie noukeurig toegepas nie. Daar is van hierdie werkers wat al vir langer as die toegelate tydperk van ses maande in diens is.

• Die voormalige bestuurder van die regsafdeling, mnr. Ruben Maleta, was vir tien jaar in diens met ʼn vervalsde ID-dokument en sonder die nodige kwalifikasies.

Volgens Polokwane se uitvoerende burgemeester, mnr. John Mpe, gaan die munisipaliteit ‘n prestasiebestuurstelsel instel om as gevolgebestuur te dien om doeltreffendheid in die werksaamhede van die munisipaliteit te verseker.

Die VF Plus sal daarop aandring dat die beplanning rondom prestasiebestuurstelsels beskikbaar gestel word om insette te kan lewer ten opsigte van oplossings.

Die party gaan ook omvattende ondersoeke na probleme versoek aangesien die huidige ondersoeke nie oor die nodige mandaat beskik nie.

Die onvoltooide Mankweng-stadion, ’n projek wat slegs drie jaar moes neem en nou al vir 10 jaar sloer, se kostes beloop reeds R126 miljoen. Na raming sal ‘n verdere R48 miljoen begroot moet word vir voltooiing indien dit hoegenaamd moontlik sal wees om voort te gaan.

Die grond wat vir die bou van die stadion aangewys is, behoort ook nie alles aan die munisipaliteit nie. Dit is nóg ‘n struikelblok in die voltooiing daarvan.  

Enige uitstaande ondersoeke behoort ook verklaar te word om die party in staat te stel om die nodige druk vir spoedige optrede toe te pas. 

Die VF Plus sal die dissiplinêre stappe en strafregtelike sake wat geopen is hieroor, monitor en sal die druk volhou aangesien hierdie prosesse reeds te lank sloer en ongerymdhede soms in die doofpot geplaas word. 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.