Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Herstel van Hartbeespoort-rioolnetwerk begin ná druk van VF Plus

ʼn Projek om veertien rioolpompstasies in die Hartbeespoort-omgewing te herstel, begin volgende week ná volgehoue druk van die VF Plus.

Tydens ʼn vergadering met mnr. Johnny Lekalakala, hoof van ingenieurstegnici in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit, het hy benadruk dat genoeg fondse bewillig is vir die werk. Die munisipaliteit het dit ook skriftelik aan die VF Plus bevestig.

Die vergadering het plaasgevind op versoek van die VF Plus om te verseker dat die voortslepende rioolprobleem in die gebied behoorlik opgelos word.

Altesame 28 pompe sal onder meer geïnstalleer word. Die projek behoort teen Maart 2025 voltooi te wees.

Inwoners van Hartbeespoort ly reeds lank onder die gevolge van swak en ongereelde onderhoud aan die dorp se rioolstelsel. Onverwerkte riool beland in die strate en besoedel die Hartbeespoortdam en die Krokodilrivier.

Die plaaslike Meerhof-skool se terrein is onlangs met riool oorspoel wat uiteraard ʼn groot gesondheidsrisiko vir leerders en almal in die omgewing skep.

Die VF Plus sal voortgaan om die vordering van die herstelprojek te monitor om seker te maak dit word suksesvol voltooi.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.