fbpx
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaap: Cholera-waarskuwing uitgereik

Die nasionale departement van water en sanitasie het gister (9 Oktober) in ʼn verklaring gemeenskappe aangrensend tot die Harts- en Vaalrivier gewaarsku om nie water direk uit die riviere vir huishoudelike gebruik aan te wend nie weens die teenwoordigheid van cholera.

Die waarskuwing raak veral die inwoners van die Frances Baard- en Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteite.

Die plaaslike munisipaliteite van Magareng (Warrenton), Dikgatlong (Barkley-Wes en Delportshoop), Sol Plaatje (Kimberley en Ritchie), Siyancuma (Douglas en Breipaal) en Phokwane (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad) tel onder dié twee distriksmunisipaliteite.

Die teenwoordigheid van cholera is al die afgelope jare aangemeld in die gebiede aangrensend tot die Vaal- en Hartsrivier weens munisipaliteite se versuim om rioolsuiweringsaanlegte in stand te hou.

Die menseregtekommissie (MRK) is tans besig om verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap hieroor te ondersoek.

Die departemente van water en sanitasie (provinsiaal en nasionaal) moet toesien dat munisipaliteite se rioolsuiweringsaanlegte aan die minimum vereistes voldoen en moet bystand aan munisipaliteite bied om aan hul grondwetlike verpligtinge te voldoen.

Die gebrek aan kundige personeel speel ʼn groot rol in die wanfunksionering van rioolaanlegte.

Die VF Plus doen ʼn beroep op al die verantwoordelike rolspelers om dringend in te gryp om oplossings te vind.

Suid-Afrika en veral die Noord-Kaap is ʼn waterarmgebied en kan nie bekostig dat natuurlike waterbronne besoedel word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.