fbpx
Vryheidsfront Plus

Nelson Mandelabaai-metro moet streng optree teen onwettige kragverbruikers

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM), Eugene Johnson, en waarnemende stadsbestuurder, Noxolo Nqwazi, gevra om dringend pro-aktiewe aksies te loods om onwettige kragverbruikers vas te vat in dieselfde tydgleuf waarin amnestie verleen word aan eerste oortreders van onwettige kragverbruik.

Onwettige kragverbindings lei nie net tot groot finansiële verliese vir NMBM nie, maar skep ook ‘n situasie wat onnodige lewensverlies kan meebring.

Kragverlies in die metro het in die 2020/21-boekjaar 20,08% beloop weens tegniese en nie-tegniese redes.

Tegniese verliese kan maklik deur die metro opgelos word deur gereelde inspeksies en instandhouding van die kragnetwerk en het 6% of R196 289 609 beloop.

Nie-tegniese verliese word veroorsaak deur onwettige kragverbindings, foutiewe meters en meters waaraan daar gepeuter is. Die verliese het 14,08% of R460 729 776 beloop.

Misdadigers het te lank op betalende inwoners se rug gery wat aan einde van die dag hoër tariewe moet betaal weens onwettige kragverbruik.

Die raad kan nie langer toekyk hoe mense die wet oortree en daarmee wegkom nie. Onwettige kragverbruikers moet vervolg word en skuldinvordering opgeskerp word.

Die VF Plus verwag dat die metro die daad by die woord sal voeg en oorlog verklaar teen mense wat krag steel en dat opgetree sal word teen amptenare wat onwillig is om aksie te neem om dit stop te sit.

Navrae: 072 582 3461

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.