fbpx
Vryheidsfront Plus

Muur by ouetehuis in Secunda word herstel ná druk van die VF Plus

Na volgehoue druk van die VF Plus het die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) die nodige herstelwerk aan 'n voorafgegote muur by die plaaslike ouetehuis in Secunda gedoen.

Die muur is in Desember 2022 beskadig nadat 'n voertuig tydens 'n ongeluk op die hoek van Helen Joseph- en Jan Smutsstraat 'n gedeelte daarvan platgery het.

Dit het die bejaardes kwesbaar vir misdaad gelaat.

Die bestuurder van die voertuig was bereid om die muur reg te maak en wou selfs 'n eis deur sy versekering doen.

Die besonderhede is per e-pos verskeie keer sedert 7 Desember aan die Govan Mbeki-munisipaliteit gestuur. Vir etlike weke is die e-pos glo van departement na departement aangestuur sonder enige resultaat.

Die VF Plus is genader waarna die party die departement van beplanning en ontwikkeling geskakel het.

Ná volgehoue druk het die departement ingestem om die muur te herstel.

Die VF Plus verwelkom die positiewe stappe van die munisipaliteit en sal volgehoue druk op die munisipaliteit en amptenare uitoefen om die nodige dienste aan die inwoners van Govan Mbeki te lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.