fbpx
Vryheidsfront Plus

Moorde lui swart feestyd vir boere in

Drie plaasmoorde in die afgelope week – twee daarvan ’n egpaar van Bonnievale in die Wes-Kaap, en bykans twintig plaasaanvalle in die maand, laat die waarskuwingsligte flikker oor wat ’n donker feestyd vir boere in Suid-Afrika kan word.

Luidens statistiek van Afriforum was daar tot dusver vanjaar al 411 plaasaanvalle en vyftig moorde. Dit kan oor die feestyd vinnig toeneem.

"Moorde soos hierdie plaas opnuut die kollig op die uitlatings van die BLF-leier, Andile Mngxitama, en die uiters teleurstellende wyse waarop teen hom opgetree word ná sy oproep om BLF-volgelinge om wit mense te vermoor. In Suid-Afrika word mense vir crimen injuria tronk toe gestuur, en dit sal ’n skandalige voorbeeld van dubbele standaarde wees indien Mngxitama, wat mense opsweep om te moor, nie ’n soortgelyke straf opgelê word nie," sê Corné Mulder, VF Plus-leier in die Wes-Kaap.

In die voorval in die Wes-Kaap is Piet en Elmien Steyn, beide in hul sewentigerjare, op hul plaas Zandfontein met vermoedelik  ’n haelgeweer doodgeskiet. Hulle liggame is Donderdag gevind. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog onbekend.

Die moorde op die Steyn-egpaar is ’n kommerwekkende voortsetting van ’n tendens oor plaasmoorde wat hierdie jaar ook na die Wes-Kaap oorgespoel het. Verskeie moorde en plaasaanvalle is vanjaar in die Wes-Kaap aangemeld nadat dit voorheen feitlik ongekend in die provinsie was.

In die ander voorval is die sestigjarige Johan Kruger op sy plaas in die Makoppa’s Nest-omgewing naby Alldays in die Limpopo vermoor nadat rowers geld en kodes tot die egpaar se bankkaarte geëis het. Sy eggenote, Fiona, het daarin geslaag om te vlug. Sy is liggaamlik ongedeerd.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.