Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mokopane (Potgietersrus) nog ‘n slagoffer van interne ANC-struweling

"Inwoners van Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus) is die enigste verloorders in voortslepende faksiegevegte in dié munisipaliteit waar die ANC nou ontslae geraak het van amptenare wat nog bereid was om ‘n eerlike diens aan die gemeenskap te lewer," sê Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid: Mogalakwene-plaaslike munisipaliteit.

"Meer verontrustend is die feit dat die ANC se uitvoerende streekkomitee vir Waterberg hierdie verwikkelinge verwelkom.

"Die vervanging van die stadsraad se hoofsweep, lede van die burgemeesterskomitee en ander raadslede wat in die verlede raadsvergaderings geboikot het om te verhinder dat besluite geneem word wat tot nadeel van die gemeenskap strek, gaan ongetwyfeld lei tot groter wanbestuur.

"Die VF Plus sal nogtans nie gelate staan en toekyk hoe getroue belastingbetalers verder benadeel word deur die binne-politiek in die ANC nie en sal alles moontlik doen om die inwoners se belange te beskerm.

"Die tyd het aangebreek vir kiesers om terug te slaan teen wanbestuur, korrupsie en swak dienslewering deur in aanstaande jaar se verkiesing vir die VF Plus te stem wat as deel van ‘n veelparty-regering in Limpopo hul belange sal eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.