fbpx
Vryheidsfront Plus

Hersiening van leerplan vir skoolgeskiedenis: Verwag ‘n kurrikulum van haat

"Die Suid-Afrikaanse leerplan vir skoolgeskiedenis is reeds Afrosentries en anti-Westers. Die VF Plus verwag dat 'n hersiening daarvan om dit meer "Afrosentries en relevant vir Suid-Afrikaanse leerders te maak” – soos onlangs aangekondig – 'n kurrikulum van haat tot gevolg hê," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder vir onderwys.

"As die Beleidsverklaring vir Kurrikulum en Assessering (CAPS) bestudeer word, blyk 'n anti-Westerse vooroordeel reeds. Die Franse- en Russiese Rewolusies word byvoorbeeld voorgehou as Europa se enigste waardevolle bydraes tot die mensdom.

"Eweneens sal witmense van Suid-Afrika (of hulle Afrikaans of Engels was) voorgehou word as mense wat niks anders nie as vernietiging bygedra tot die land.

"In die hantering van Suid-Afrika se Tweede Vryheidsoorlog (verkeerdelik die Suid-Afrikaanse oorlog genoem) word die Afrikaner se vryheidstrewe bloot terloops genoem. Die Marxistiese vertolking van alle oorloë as klasgedrewe konflik word eerder gevolg.

"Terwyl die opgeleide geskiedkundige nog maniere kan kry om gebalanseerde geskiedenis aan die hand van die CAPS aan te bied, bied departementeel-goedgekeurde handboeke nie daardie ruimte nie. Boonop bepaal eksaminering en die antwoorde wat op vrae verwag word, dikwels die inhoud van skoolonderrig.""

"Indien die minister die leerplan nog verder in hierdie rigting wil beïnvloed, verwag die VF Plus niks minder nie as 'n kurrikulum van haat. Dit bevestig een van dié party se sentrale beleidstandpunte.

"Die VF Plus stel voor dat kultuurrade vir verskillende groepe, soos 'n Afrikanerraad, landwyd verkies word en die bevoegdheid kry om onderwys vir skole wat dit verkies, te bestuur. 'n Stem vir enige ander party verskans die staat se wurggreep op onderwys en die vermoë om haat teen minderhede aan te blaas," sê Boshoff.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.