fbpx
Vryheidsfront Plus

Onteiening: Voorstelle onaanvaarbaar vir VF Plus

Die VF Plus verwerp die jongste weergawe van die Onteieningswetsontwerp wat bekend gestel is deur die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, en die party sal dit op elke wyse moontlik teenstaan.

"Die blote aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding is vir die Vryheidsfront Plus onaanvaarbaar, al word sekere kategorieë vir grondonteiening sonder vergoeding (OSV) voorgestel," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê indien die beginsel van OSV eers aanvaar is, sal die kategorieë daarvoor in wetgewing na willekeur verander kan word met ‘n gewone meerderheid in die parlement.

"Die bestaande kategorieë wat voorgestel word vir OSV, onder meer grond wat vir spekulatiewe doeleindes gehou word, sal die eiendomsmark uiters nadelig tref. Die kategorie van grond wat deur huurarbeiders beset word, skep ook kommer en onsekerheid en sal daartoe lei dat grondeienaars van huurarbeiders ontslae sal raak.

"Die VF Plus het met die onttrekking van die Wysigingswetsontwerp op Onteiening vroeër deur die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke in die parlement, gewaarsku dat die ANC hierdeur die proses van OSV wil bespoedig deurdat die proses vereis dat wanneer die Grondwet gewysig is, die uitvoering van OSV deur gewone wetgewing moet geskied.

"Dit is dus duidelik dat die ANC hom nie van stryk laat bring deur berade en voorstelle van die landbousektor oor hoe om grondhervorming te versnel nie, en dat hy eensydig voortgaan om wetgewing daar te stel en die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir OSV.

"Die bekendmaking van die gewysigde voorstelle net voor Kersfees en in die vakansietyd skep ook die indruk dat die regering hoop om die wysigings stilweg te laat deurglip sonder behoorlike geleentheid vir kommentaar deur die publiek," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.