Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng: Skuldeisers lê beslag op R41 miljoen se voertuie

Die balju het die afgelope week op R41 miljoen se munisipale voertuie van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) beslag gelê weens uitstaande skuld aan diensverskaffers.

Dié 24 diensleweringsvoertuie sluit onder meer vulliskompakteerders, bakkies en laaigrawe in.

Hierdie is net nog ʼn spyker in die doodskis van Matjhabeng wat dienslewering betref.

Die burgemeester, mnr. David Kalipha, blameer diensverskaffers wat die munisipaliteit uitbyt deur buitensporige pryse vir die hoë uitstaande skuld aan krediteure.

Hy het egter nagelaat om te noem dat dit onder sy en die ANC se beheer plaasgevind het.

Die ware toets sal dus wees of daar teen die skuldiges opgetree sal word indien hooggeplaasde ANC-politici en amptenare geïmpliseer word.

Hy het verder ook erken dat die munisipaliteit ʼn ernstige kontantvloeiprobleem het weens die swak invordering van munisipale diensterekeninge.

Dié gemiddelde invorderingskoers van 60% is eenvoudig nie voldoende om die kontantvloei te verbeter nie.

Die ANC se beleid van kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie veroorsaak reeds vir jare dat Matjhabeng ʼn teelaarde vir korrupte aktiwiteite geword het.

Dit sal slegs verander as daar van die ANC ontslae geraak word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.