fbpx
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng erken gebrek aan brandweerdienste

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) het erken dat hy nie aan die nasionale standaarde vir brandweerdienste voldoen nie.

In antwoord op ‘n vraag van die VF Plus in die munisipale raad, het die munisipale bestuurder, mnr. Zingisa Tindleni, bevestig dat Welkom, volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) vir gemeenskapsveiligheid teen brande, oor ‘n tweede brandweerstasie moet beskik.

Die munisipaliteit is ook veronderstel om oor twee groot en vier medium brandweerwaens te beskik. Stadige herstelwerk kniehalter egter die aantal brandweerwaens wat te eniger tyd beskikbaar moet wees.

Weens die munisipaliteit se jarelange verkeerde prioriteite kan hy nou nie hierdie noodsaaklike diens aan inwoners verskaf nie.

Plaaslike boere en die gemeenskap was die afgelope naweek genoodsaak om weereens self in te spring om die brand wat buite Ventersburg langs die N1 uitgebreek het, te blus.

Onsekerheid het geheers oor wanneer en of die plaaslike brandweer sou opdaag.

Ná ‘n versoek van die VF Plus dat die Mmamahabane-brandweerstasie in Ventersburg met die brande moes help, was dit duidelik dat daar geen werkende toerusting was om op ‘n noodgeval te reageer nie.

Brandweerdienste van Welkom het later met ‘n bakkie en ‘n bestrydingssleepwa opgedaag.

Die munisipale bestuurder se verweer dat brandweerdienste begrotings- en hulpbronintensief is, wys dat die ANC nie daartoe in staat is om effektiewe brandweerdienste in Matjhabeng te lewer nie.

Matjhabeng se gemeenskappe verdien ‘n munisipaliteit wat in ‘n hoë-brandrisikogebied effektiewe diens kan verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.