fbpx
Vryheidsfront Plus

Koalisieregering in Ekurhuleni sal toesien dat kontrakte nie onregmatig toegeken word

Die VF Plus het sy misnoeë uitgespreek met die vrugtelose en ongemagtigde uitgawes wat die vorige ANC-beheerde Ekurhuleni-metroraad aangegaan het met ‘n kontrak van R46 miljoen vir chemiese toilette.

Die kontrak wat in Januarie 2015 goedgekeur is, is vier keer daarna ongemagtig hernu. Die kontrak het in Junie 2016 tot ‘n einde gekom.

Alhoewel die dienste gelewer is, is dit nie R46 miljoen werd nie.

Dié inligting het in ‘n verslag wat voor die metroraad gedien het, aan die lig gekom.

Die historiese skuld wat nou as vrugteloos en verkwistende uitgawes afgeskryf word, mag nie herhaal word nie.

Die VF Plus, as deel van die koalisie-regering in Ekurhuleni, sal toesien dat goeie finansiële bestuur toegepas word, veral met die toekenning van kontrakte.

Die koalisieregering sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat Ekurhuleni nie weer in die hande van die ANC en sy wanbestuur val nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.