fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by grondgrype buite Potchefstroom

Die VF Plus moes gister ingryp nadat berigte ontvang is van ‘n poging om grond onwettig te beset by die Boschkop-dam buite Potchefstroom. Die grond behoort aan die nasionale departement van waterwese en sanitasie.

Die gebied is in ‘n ekologies sensitiewe landelike gebied en nie geskik vir ‘n hoë-digtheid residensiële ontwikkeling nie.

Enige só ‘n ontwikkeling sal ‘n potensiële besoedelingsgevaar vir Potchefstroom se waterbronne skep.

Nadat die VF Plus die polisie en bestuurslede van die departement oor die situasie ingelig het, is die toneel besoek. Met die VF Plus se aankoms kon gesien word dat die betreders reeds “erwe” afgebaken het.

Die openbare orde-polisiëringseenheid was ook op die toneel.

Kommerwekkend is die feit dat die betreders in gesprekke met die polisie beweer het dat ‘n plaaslike munisipale raadslid die besetting georkestreer het.

Die VF Plus het intussen in verbinding gebly met die departement en het onder meer versoek dat ‘n dringende interdik teen die besetters verkry word.

Die departement het bevestig dat hy wel van voorneme is om so ‘n interdik te verkry.

Die VF Plus sal die situasie bly monitor en druk toepas op die owerhede om ferm stappe te neem teen hierdie wettelose optrede. Die moontlike betrokkenheid van plaaslike politici moet ook deeglik ondersoek word.

Die VF Plus in JB Marks sal voortgaan om op te tree teen onwettige grondbesettings en onoordeelkundige ontwikkeling.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.