fbpx
Vryheidsfront Plus

Mashatile erken regering faal met ingrypings by munisipaliteite in Noordwes

Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus in die nasionale raad van provinsies (NRP) erken dat die regering daarin faal om doeltreffend by munisipaliteite in Noordwes in te gryp.

Mashatile skryf die onsuksesvolle regeringspogings toe aan die feit dat die munisipaliteite gekenmerk word deur “swak regering, ʼn gebrek aan institusionele vaardighede, swak finansiële bestuur en politieke onstabiliteit”.

Hy erken verder dat selfs drastiese ingrypings soos bepaal deur art.139 van die Grondwet, weinig vrug afwerp omdat “munisipaliteite bloot wetlike prosedures en prosesse bly verontagsaam”.

Agt munisipaliteite in Noordwes is reeds sedert 2021 onder administrasie geplaas kragtens artikel 139 sonder enige merkbare sukses. Intussen verval munisipaliteite in die provinsie steeds hand oor hand.

Dit is opmerklik dat die adjunkpresident geen melding maak van enige doeltreffende dissiplinêre of geregtelike stappe wat geneem is om aanspreeklikheid en goeie munisipale regering in Noordwes te herstel nie. Hy sê bloot wat almal reeds weet.

Solank as wat die ANC-regering weier om doeltreffend teen sy ontplooide kaders in munisipaliteite op te tree, sal die inwoners van Noordwes uitgelewer bly aan die gevolge van munisipale verval.

Die inwoners van Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.