Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe aanvaar VF Plus-uitnodiging om Afrikaanse Taalmonument te besoek

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (KGT-Kommissie), het ‘n uitnodiging van die VF Plus aanvaar om die Afrikaanse Taalmonument en -museum te besoek.

Die doel van die besoek is om die kommissie in staat te stel om die Afrikaanse taal, sy inheemse ontwikkelingsgeskiedenis en sy belangrike rol in die Suid-Afrikaanse samelewing met groter begrip te beoordeel.

Alle Suid-Afrikaners behoort die ontwikkeling van Afrikaans tot ‘n volwaardige internasionaal-erkende akademiese taal in ‘n kort tydsbestek met trots te vier.

Die VF Plus het vandag tydens ‘n vergadering van die parlementêre komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), die uitnodiging gerig.

Die party het dit beklemtoon dat die besoek as ‘n vertrekpunt moet dien om die volwaardige erkenning van alle inheemse Suid-Afrikaanse tale te bevorder.

Dit sal die kommissie ook in staat stel om sy grondwetlike mandaat doeltreffend uit te voer tot voordeel van al die inwoners van die land.

Sodanige erkenning sal lei tot groter insig en wedersydse respek tussen alle taal- en kultuurgemeenskappe in die land.

Die VF Plus sal voortgaan om die kultuur- en taalbelange van alle Suid-Afrikaners uit te bou en te beskerm.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Die Redaksie

Emakhazeni moet verduidelik oor slimmeter-chaos

Inwoners van die Emakhazeni-plaaslike munisipaliteit (Belfast, Machadodorp, Dullstroom, Waterval Boven) ervaar ernstige finansiële en ander ontberings weens die gebrekkige uitrol van nuwe slimkragmeters. Talle klagtes

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.