fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis streng oorsigmeganisme oor munisipale administrateurs in Noordwes

Die VF Plus het vandag in ‘n dringende skrywe aan Noordwes se premier, Bushy Maape, daarop aangedring dat ‘n streng wetgewer-oorsigmeganisme oor die bedrywighede van munisipale administrateurs in die provinsie geskep word.

Hierdie skrywe volg op ‘n aankondiging van die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising (Coghsta) in die provinsie, Nono Moloi, dat agt munisipaliteite in Noordwes onder finansiële administrasie geplaas is.

Hierdie stap met die gepaardgaande aanstelling van finansiële administrateurs by die betrokke munisipaliteite, is geneem in terme van artikel 139(5) van die Grondwet met die oënskynlike doel om by die sukkelende munisipaliteite in te gryp.

Artikel 139-ingrypings onder ANC-beheer in die provinsie het egter in die verlede min tot geen positiewe resultate opgelewer nie.

In die gevalle het dit bloot gelei tot die voortsetting van korrupte praktyke deur ander kanale. Dit is in herhaalde jaarverslae van die ouditeur-generaal (OG) bevestig.

Die VF Plus het al by herhaling uitgewys dat sulke ingrypings by munisipaliteite tot mislukking gedoem is sonder behoorlike oorsig om die administrateurs verantwoordbaar te hou.

Dit is onsinnig om die magte tot oorsig oor munisipale besture by munisipale rade weg te neem en dit te vervang met administrateurs wat skynbaar aan niemand verantwoordbaar is nie.

Dit is ‘n resep vir grootskaalse korrupsie soos telkens bewys is.

Die VF Plus sal bly stry teen ANC-wanbestuur en -korrupsie by munisipaliteite in Noordwes.

Noordwes se inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.