Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Jackson Mthembu hou ANC-parlementslede gyselaar oor mosie van wantroue

Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, se dreigement dat die ANC in duie sal stort indien sy lede ten gunste van die mosie van wantroue stem, hou daardeur die ANC-parlementslede gyselaar om hul posisies in die parlement te behou.

‘n Regerende party wat toelaat dat sy leier gekaap word en daardeur die hele Suid-Afrika se ekonomie bedreig, wat werkloosheid skep en tot nadeel van armes is, verdien om in duie te stort en vervang te word met ‘n ander regering.

Die verskoning van Mthembu dui eintlik daarop dat die ANC in ‘n groot krisis is en daarom is dit juis nodig dat ‘n mosie van wantroue moet slaag.

Die VF Plus sal ten gunste van die mosie van wantroue stem en mobiliseer sy lede om deel te neem aan die optogte teen Zuma.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.