fbpx
Vryheidsfront Plus

Grondhervorming alleen sal mense nie ophef nie

"Die opvatting dat grondhervorming alleen sal lei tot die opheffing van mense, is ‘n illusie gelykstaande aan die sprokie van Alice in Wonderland. Dit wys ook hoe die ANC vaskleef aan ideologiese illusies eerder as om die harde realiteit van Suid-Afrika se probleme te erken," sê Armand Cloete, VF Plus-LP tydens 'n debat in die Nasionale Raad van Provinsies.

"Die blote besit van grond sal nie welvaart of gelykheid skep nie. Kwessies soos werkskepping en ekonomiese groei moet eerder aandag geniet. Die kwessie van grond is vir die ANC ‘n bruikbare, maar gevaarlike populistiese wapen en die ware probleme word geïgnoreer.

"Die aangeleentheid wys hoe ver die ANC-regering uit voeling is met die gevoel van die breë publiek aangesien ‘n meningsopname van die Instituut vir Menseregte (IMR) aangetoon het dat ekonomiese groei die enkel grootste saak is wat die publiek wil hê die regering moet aanpak.

 

"Die mite dat mense grondhonger is en blote grondbesit beskou as ‘n middel tot regstelling en opheffing, word nêrens beter geïllustreer nie as deur grondeisers self wat in 93% van alle gevalle van suksesvolle grondeise, geld bo grond verkies."

 

"Die EFF het die populistiese kwessie van grond begin en die ANC moes die EFF na die kroon steek oor die aangeleentheid om verlore kiesers terug te wen.

"Die waarheid is ook dat die ANC-regering nie in staat is om grondhervorming in Suid-Afrika suksesvol deur te voer nie. Sowat 20 000 eise van die eerste grondhervormingsprogram wat in 1994 begin is, is nog nie afgehandel nie.

 

"Slegs ‘n onbeduidende aantal private mense het in die 26 jaar sedert die proses van restitusie in 1994 begin het, besitreg verkry. Dit is hoofsaaklik tradisionele leiers en gemeenskaplike eiendomsverenigings beskore."

 

"Dit is vandag ‘n bewese feit dat tussen 70- en 80% van alle grondhervormingsprojekte onder die ANC misluk het. Hierdie projekte het grootliks ‘n teelaarde vir korrupsie geword. Dit kan nie so voortgaan nie.

"Die grondkwessie kan wel suksesvol behandel word deur ongebruikte staatsgrond vir grondhervorming aan te wend en besitreg aan eisers oor te dra. Privaateiendomsreg moet beskerm word en onteieningsmagte moet by howe gesetel wees.

"Onteiening moet in openbare belang en teen markverwante vergoeding geskied en produktiewe landbougrond moet ten alle koste beskerm word. Die debat oor grond in Suid-Afrika met eerder fokus op maniere om grond aan te wend om die ekonomie te laat groei en werk te skep," sê Cloete.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.