fbpx
Vryheidsfront Plus

Senior sertifikaat nou ook in Xhosa geskryf: ‘n Stap in die regte rigting

"Die aankondiging van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, dat die senior sertifikaat-eksamen voortaan ook in Xhosa geskryf kan word, is 'n stap in die regte rigting. Die ontkenning van moedertale is een van die faktore wat onderprestasie 'n chroniese verskynsel in Suid-Afrikaanse onderwys maak," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van basiese onderwys.

"Die magstryd in Suid-Afrika het van taal 'n politieke speelbal gemaak. Moedertaalonderrig is as "verdeel en heers" afgemaak.

"Die opkomende swart elite het Engels deurgaans in hul interne kommunikasie gebruik en ook daarop aangedring as onderrigmedium. Selfs Transkei het, toe dit in 1963 selfregering verkry het, isiXhosa as onderrigtaal met Engels vervang.

 

"Dit lyk na 'n voorbeeld van digterlike geregtigheid dat isiXhosa, die eerste slagoffer van die eentaalbeleid, die eerste taal is om na 1994 in ere herstel te word."

 

"Die VF Plus het hom uit die staanspoor daarvoor beywer dat Suid-Afrikaners deur hul moedertale bevry en bemagtig word, eerder as om deur 'n taal van verowering aan bande gelê te word," sê Boshoff.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.