fbpx
Vryheidsfront Plus

Genetiese ingenieurswese en biotegnologie ver van voordelig vir almal

"Genetiese ingenieurswese en biotegnologie is ver van die neutrale strewe na kennis en die grootse gemeenskaplike voordeel wat ‘n mens sou hoop dit moet wees," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van wetenskap en tegnologie.

"Aan die een kant is die finansiële belang van multinasionale maatskappye. Dié instansies sal beslis voordeel trek uit die beheer oor alle landbou-insette – insluitend saad en chemikalieë . Hierdie produkte word deur produsente gebruik omdat dit tasbare voordele inhou.

"Nietemin is genoemde tegnologieë 'n metode waarop maatskappye, wat in die finale instansie aan hul aandeelhouers verantwoordbaar is, beheer oor voedselproduksie kan kry.

"Aan die ander kant het sekere teenstanders teen hierdie tegnologieë al so dikwels van pseudowetenskap gebruik gemaak, dat dit wetenskaplike gesprek bemoeilik.

 

"Die regering as instelling is veronderstel om die beskermer van die openbare belang te wees. Dit behels onder meer om die belange van private – en korporatiewe burgers te balanseer en alle burgers teen internasionale belange te beskerm."

 

"Deelname aan internasionale entiteite, soos die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, is derhalwe noodsaaklik.

"Daarom steun die VF Plus die vestiging van 'n ooreenkoms tussen Suid-Afrika en hierdie sentrum om 'n komponent daarvan in Suid-Afrika te vestig," sê Boshoff.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.