Munisipale dienste in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) het tot stilstand gekom omdat die munisipaliteit nie diesel vir voertuie beskikbaar het nie.
Hierdie situasie duur sedert Saterdag (25 Junie) weens wanbetaling aan die brandstofverskaffer.
Lede van die gemeenskap het aangebied om diesel vir die munisipaliteit te koop, maar die aanbod is nie aanvaar nie.
Die gemeenskap se aanbod is reeds op 27 Junie aan die burgemeester, Khethiwe Moeketsi, deurgestuur, maar geen antwoord is ontvang nie.
Daar is ook geen ander werkbare oplossing gevind nie en teen gister was munisipale voertuie gestrand.
Intussen het die gemeenskap self begin om herstelwerk te doen aan skakelaars en elektriese kabels wat gebrand het, aangesien geen elektriese span uitgestuur kon word nie.
Die munisipaliteit skuld Eskom boonop sowat R101 miljoen rand.
Ten spyte van al die uitstaande skuld het die Dipaleseng-munisipale raad verlede week 'n 3% jaarlikse salarisverhoging vir raadslede goedgekeur.
Die VF Plus het dit teengestaan. Die geld wat geoormerk is vir die verhoging, kan eerder aangewend word om dienste te lewer. Dipaleseng se inwoners verdien beter as die ANC.