Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bek-en-klouseer: VF Plus eis aksie in Vrystaat

Die VF Plus se provinsiale leier, Jan van Niekerk, het Woensdag saam met die Harrismith-distrik se boerevereniging ’n vergadering belê met die Vrystaatse LUR vir landbou, me. Elzabé Rockman, asook sleutelrolspelers in die landbousektor, waaronder dr. Jurgens Barnard, waarnemende direkteur van staatsveeartsenydienste.

Tydens die konstruktiewe gesprek is die ernstige uitdagings rondom bek-en-klouseer in die provinsie bespreek, insluitend die finansiële druk wat dit op boere plaas en die negatiewe impak op die Vrystaatse ekonomie.

Hoewel daar tans geen entstowwe in die land beskikbaar is nie, word daar verwag dat entstowwe teen Februarie beskikbaar sal wees en dat inentingsprogramme in krisisgebiede voorkeur sal kry.

Die VF Plus het daarop aangedring dat alle bek-en-klouseer-verwante behandeling gratis moet wees, aangesien dit ’n staatsbeheerde siekte is.

Die party het verder druk uitgeoefen vir vinniger en meer effektiewe toetsing, asook onmiddellike inentings by aangemelde gevalle om verdere verspreiding te keer.

Dit is van kardinale belang dat die onnodige beweging van vee beperk word en dat boere deurlopend met hul bure kommunikeer om die risiko van verspreiding te verminder.

Verdere gesprekke met Rockman word vir Maart beplan om vordering te evalueer en praktiese ingrypings te bespreek.

Die VF Plus wil beklemtoon dat geen enkele sektor hierdie krisis alleen kan hanteer nie. Slegs deur noue samewerking tussen veeartse, boere, die regering en laboratoriums kan ’n volhoubare oplossing gevind word.

Die VF Plus bly verbind daartoe om hierdie bek-en-klouseerkrisis deur samewerking aan te spreek in belang van voedselsekerheid en die voortbestaan van boere in die Vrystaat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.