Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Reuse sprong vir VF Plus in Wyk 57-tussenverkiesing in Tshwane-metro

Die VF Plus beskou die uitslae van die wyk 57-tussenverkiesing (Die Hoewes, Lyttelton Manor, Lyttelton) in die Tshwane-metro as ’n positiewe en betekenisvolle stap in die regte rigting. Die DA kon gister slegs 270 meer stemme as die VF Plus op hom verenig.

Die VF Plus se kandidaat, Wesley Jacobs, het 44,38% van die kiesers se steun gekry teenoor Jack Page van die DA se 54,20%.

Die VF Plus het steeds twee uit die drie stempunte gewen wat ’n duidelike teken van groeiende steun is.

In die 2021-plaaslike regeringsverkiesing kon die VF Plus net 16,11% van die stemme in dié wyk op hom verenig, maar die groei van gister wys dat inwoners van wyk 57 die toegewyde werk van Wesley en die VF Plus raakgesien het en dit met hul stem beloon het.

Alhoewel die DA al jare lank in wyk 57 regeer, is dit die eerste keer in ’n geruime tyd dat die VF Plus só naby aan ’n oorwinning gekom het. Hierdie tendens bevestig dat die VF Plus besig is om sterk momentum op te bou.

Die uitslae is verder ’n bewys dat die VF Plus ‘n belangrike rolspeler gaan wees in ‘n koalisie wat aan die einde van 2026 in die Tshwane-metro tot stand gaan kom. Dit wys ook dat nie die DA of enige ander party alleen kan regeer nie.

Die VF Plus bedank Wesley, Grandi Theunissen, Groter Pretoria-streekleier en sy span vir hul toegewyde werk en spreek waardering uit teenoor die inwoners van wyk 57 vir hul groeiende ondersteuning. Hierdie tussenverkiesing is nie die eindpunt nie, maar ’n positiewe eerste tree op pad na die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar.

Vir Wesley self span die uitslag die kroon op sy harde werk en alhoewel hy nie gewen het nie, kan hy nie wag om aan die werk te spring en sy harde werk voort te sit nie. Om sy mense te dien en hulle te help met dienslewering, is reeds vir hom ‘n groot beloning.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.