Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bek-en-klouseer: Ramptoestand volg, soos VF Plus versoek het

Nadat die VF Plus Maandag ‘n beroep gedoen het dat ‘n ramptoestand na aanleiding van die wye verspreiding van bek-en-klouseer uitgeroep moet word, het die minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, vandag aangekondig dat hy daardie versoek met die eerskomende kabinetsvergadering sal rig.

Dit kan meer hulpbronne beskikbaar stel in die bestryding van hierdie siekte.

Min. Steenhuisen het aangedui dat die bestryding van hierdie siekte tot die punt van uitwissing, ‘n proses van tot tien jaar kan wees. Inenting is ‘n belangrike deel van die oplossing, maar slegs as deel van ‘n groter veldtog.

Dit moet beheer van beweging en die afdwing van kwarantynmaatreëls insluit.

Die uiteindelike doel is om die bek- en-klouseervryestatus van Suid-Afrika te herwin, sodat die veebedryf toegang tot alle internasionale markte kan herwin. Dit behels onder meer die herstel van Suid-Afrika se vermoë om entstowwe vir die spesifieke variëteit van die siekte te vervaardig.

Die VF Plus verwelkom hierdie plan van aksie, maar sal die uitvoering daarvan krities dophou. Die kern van die saak is dat elke element van die plan wat vandag bekendgemaak is, ook sonder ‘n ramptoestand moontlik is. Dit is ook die advies wat opeenvolgende ministeriële taakspanne reeds sedert 2016 gegee het.

Toetsing vir die siekte was sedert die uitbreking daarvan in 2021 tydrowend. Teen die tyd dat besmetting bevestig is, is die betrokke diere al weer gesond en sommige daarvan kan reeds bemark wees. Dit behels verspreiding, nog voor enige kwarantyn ingestel is.

Selfs nadat die siekte epidemiese afmetings aangeneem het, was daar nog geen padversperrings of ander monitering van die beheer van diere nie.

Die staat se wetstoepassingsagentskappe kon met plaaswagte saamgewerk het om die maatreëls af te dwing.

Wat die minister vandag bekendgemaak het, is dus optrede wat reeds sedert 2021 aanbeveel is en moontlik was.

Die VF Plus wil graag glo dat dit nou werklik sal gebeur, maar sal die situasie saam met bedryfsorganisasies dophou en steeds politieke druk op die departement toepas om te presteer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Die Redaksie

Emakhazeni moet verduidelik oor slimmeter-chaos

Inwoners van die Emakhazeni-plaaslike munisipaliteit (Belfast, Machadodorp, Dullstroom, Waterval Boven) ervaar ernstige finansiële en ander ontberings weens die gebrekkige uitrol van nuwe slimkragmeters. Talle klagtes

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.