Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

City Power se weiering om met raadslede in Johannesburg te kommunikeer benadeel dienslewering

Die VF Plus in Johannesburg is gekant teen City Power se besluit om sedert Maandag nie langer met raadslede te kommunikeer om diensleweringskwessies aan te meld nie.

Tot op hede was raadslede aktief betrokke om klagtes oor kragonderbrekings en waterprobleme wat hul van inwoners ontvang, met City Power te kommunikeer.

City Power se verduideliking dat hy raadslede se werklading wil verlig en glo dit is onbillik om raadslede te belas met City Power se kommunikasie-verantwoordelikhede, hou nie water nie.

Die waarheid is dat City Power nie aanspreeklik gehou wil word vir sy swak dienslewering nie. City Power se kommunikasie met inwoners is só gebrekkig dat inwoners hulle eerder na raadslede wend om probleme aan te meld.

VF Plus-raadslede in Johannesburg het ʼn plig teenoor hul gemeenskap om klagtes aan te meld om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevestig.

Volgens City Power is die kragvoorsiener beskikbaar om antwoorde te verskaf gedurende die metro se bepaalde oorsigkomitees. Wat hy nalaat om te noem, is dat City Power op 13 November verlede jaar geweier het dat die metro se oorsigkomitee oor finansies ʼn besoek aan sy hoofkantoor bring.

Dit is tyd dat die bestuur van City Power onder ʼn vergrootglas geplaas word en tot verantwoording geroep word. Swak bestuur en kragverliese van meer as 40 % is die hoofoorsake van die krisis waarin City Power hom bevind.

Die VF Plus sal voorgaan om diensleweringkwessies aan te spreek en die wanbestuur van City Power bloot te lê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.