Die VF Plus veroordeel die moord op ‘n bejaarde vrou, mev. Desirée Newberry, wie se liggaam Dinsdag in ‘n oop stuk veld naby die vliegveld in Carletonville gevind is, ten sterkste.
Die moord volg kort op dié van Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht wat op Moedersdag op hul plaas in Welgevonden naby Westonaria vermoor is.
Raadslid Ben van der Berg van die VF Plus, het sy medelye teenoor die familie van beide gesinne uitgespreek en onderneem om naasbestaandes van mev. Newberry te besoek.
Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng, het weereens beklemtoon dat die publiek se geduld besig is om ‘n versadigingspunt te bereik.
Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur politici van die ANC en die EFF skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid
"Suid-Afrikaners is vuisvoos. Die feit dat moord ‘n alledaagse verskynsel in Suid Afrika word, is totaal onaanvaarbaar," sê Mulder.