fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Bejaarde van Carletonville se moord word sterk deur die VF Plus veroordeel

Die VF Plus veroordeel die moord op ‘n bejaarde vrou, mev. Desirée Newberry,  wie se liggaam Dinsdag in ‘n oop stuk veld naby die vliegveld in Carletonville gevind is, ten sterkste.

Die moord volg kort op dié van Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht wat op Moedersdag op hul plaas in Welgevonden naby Westonaria vermoor is.

Raadslid Ben van der Berg van die VF Plus, het sy medelye teenoor die familie van beide gesinne uitgespreek en  onderneem om naasbestaandes van mev. Newberry te besoek.

Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng, het weereens beklemtoon dat die publiek se geduld besig is om ‘n versadigingspunt te bereik.

Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur politici van die ANC en die EFF skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid 

"Suid-Afrikaners is vuisvoos. Die feit dat moord ‘n alledaagse verskynsel in Suid Afrika word, is totaal onaanvaarbaar," sê Mulder.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.