fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC is verdagte nommer een wat politieke moorde aanbetref

(Parlementsdebat: Dringende oproep op ingryping deur die polisie en intelligensiestrukture in polities gemotiveerde moorde, insluitend die moord op Zoeloe- en ander tradisionele leiers)

Politieke moorde is nie ʼn nuwe verskynsel in Suid-Afrika nie. Dit is lank reeds ʼn wesenlike probleem met vingers wat hoofsaaklik na die ANC wys as verdagte nommer een.

In 2013 het ʼn verslag hieroor reeds aangedui dat meer as 450 politieke moorde net in KwaZulu-Natal gepleeg is.

Kundiges soos Raymond Suttner sê hieroor onder meer dat sluipmoorde vir die ANC en sy bondgenote die algemene gebruik geraak het om te besluit oor leierskap en die toegang tot rykdom.

In 2016 het die toenmalige sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, gesê; “Die realiteit is dat die aanwysing van kandidate as raadslede altyd ʼn saak van lewe en dood is.”

ʼn Hoëvlak-paneel van ondersoek na probleme in die veiligheids- en intelligensiestrukture onder die voormalige minister van polisie, Sydney Mufamadi, het in 2018 groot ongerymdhede uitgewys.

Die verslag bevind onder meer: “Vanaf sowat 2005 met die ontstaan van verdeeldheid in die ANC, was daar toenemende verpolitisering en faksievorming van die burgerlike intelligensiegemeenskap gegrond op die faksies in die ANC”.

Vanaf sowat 2009 was daar ʼn duidelike doktrinale verskuiwing in die burgerlike intelligensiegemeenskap wat wegbeweeg het van die Grondwet en ander wetlike voorskrifte.

Die samesmelting van die Nasionale Intelligensieagentskap en die land se geheime dienste tot die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), was ʼn monumentale flater.

Dit het nie plaasgevind ingevolge formele beleidsveranderinge wat parlementêre en openbare oorsig behels het nie.

ʼn Kleed van onbehoorlike geheimhouding is oor die intelligensiegemeenskap se werksaamhede getrek wat toesig en verantwoordbaarheid ondermyn het en deur vir blatante misdadigheid geopen het.

Dit het gelei tot die grootskaalse misbruik van hulpbronne en die SVA het in effek ʼn gerieflike geldbron geraak vir mense in en om die gemeenskap.

Die land se intelligensiestrukture was en is steeds gekaap. Bovermelde verslae is jare reeds op die tafel en tog is geen stappe geneem om iets aan die situasie te doen nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.