fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC- en EFF-raadslede in Tshwane besig met politieke sabotasie

Dit is onaanvaarbaar dat ANC- en EFF-raadslede die Tshwane-metroraad se nutsdienste-komitee belas met oorsig oor elektrisiteit, water en sanitasie se vergaderings nie bywoon nie.

Die werksaamhede van dié belangrike komitee word op hierdie wyse ontwrig weens ʼn gebrek aan ʼn kworum en dit kan as niks anders as politieke sabotasie bestempel word nie.

Artikel 79-portefeuljekomitees oorsien die dag tot dag aktiwiteite van die Tshwane-metro. Die nutsdienste-komitee is een van die belangrikste komitees wat toesig hou oor streekoperasies en koördinasie tussen die departemente van energie en elektrisiteit en water asook sanitasie.

Al hierdie departemente rapporteer aan die nutsdienste-komitee. Dit is daarom van groot belang dat dié komitee gereeld vergaderings hou om ʼn oog te hou oor sleutelfunksies.

Sonder behoorlike oorsig is daar geen deursigtigheid nie en bly wanbestuur, swak dienslewering en korrupsie ʼn reuse probleem.

Dit is daarom skreiend dat ʼn handvol onverantwoordelike raadslede van die ANC en die EFF politieke oorsig in die Tshwane metro tot ʼn stilstand bring deur eenvoudig nie hul pligte na te kom om komiteevergaderings by te woon nie.

Die VF Plus doen ʼn beroep op raadslede om hul werk as openbare ampsdraers en dienaars van die publiek ernstig op te neem.

Indien die ANC- en EFF-raadslede aanhou met die minagtende optrede, sal die VF Plus klagtes by die voorsitter van die nutsdienste-komitee indien ten einde gepaste stappe teen die sabotasie van die komitee te neem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.