fbpx
Vryheidsfront Plus

Afrika behoort aan al sy kinders

Afrika behoort aan almal wat op hom woon, ongeag sy ras, kleur of herkoms. Dit is al sy inwoners se tuiste en toekoms en niemand op die kontinent kan dit van ‘n ander wegneem of vervreem nie, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.
Dr. Mulder, wat vandag met Afrikadag-vieringe gepraat het oor die onderwerp: ’Ons is Afrika verenig in ons verskeidenheid’, sê die onderwerp is gepas aangesien die mense van die kontinent op mekaar aangewese is om hul eie probleme op te los.

Hy sê geen ander kontinent gaan betrokke raak in die mense van Afrika se toekoms nie. Hulle moet dit self doen.

“Wat dan kommerwekkend is, is as die president van Suid-Afrika die verkeerde boodskap stuur deur te sê: ‘Afrikane het in vrede met mekaar saam geleef en pret gehad, maar toe kom die ander…’, wat hy nie by die naam noem nie. Dit is jammer en glad nie goed vir nasiebou nie.

“Afrika moet na homself kan kyk, maar waar dit by Suid-Afrika kom, kan met reg gevra word waarom ons nie meer die inisiatief hierin neem nie.

“Die waarheid is dat Suid-Afrika agter raak by die res van Afrika. Hy het nie meer die sterkste ekonomie nie, dit is Nigerië. Ons groei het verlangsaam en ons het nie meer die grootste of beste lugredery nie, dit behoort nou aan Ethiopië.

“Al waarvan ons hoor, is van omkeer-strategieë. Die land staan met sy rug teen die muur en beweeg nie meer vorentoe die toekoms in nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.