fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister van polisie se verslag oor Nkandla verdedig die onverdedigbare

Die verslag van polisieminister Nathi Nhleko oor Nkandla is ‘n verdere, desperate poging van die ANC om die onverdedigbare te verdedig, en sal bloot daartoe bydra om dié skandaal deel van pres. Jacob Zuma se nalatenskap te maak, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.
Dr. Mulder sê die minister se bevinding dat president Jacob Zuma nie vir ‘n enkele sent vir die verbeterings by sy private woning aanspreeklik is nie, was voorspelbaar.

“Minister Nhleko is in sy hoedanigheid as minister ‘n politieke aanstelling van pres. Zuma. Sy politieke toekoms hang van pres. Zuma af. Nhleko se bevindings dat die oprigting van ‘n swembad, beeskraal, hoenderhok en amfiteater nodig was vir sekeriteit by Nkandla, is lagwekkend.

“Hierdie toesmeerpoging van min. Nhleko sal nie die laaste woord oor hierdie vergryp wees nie en sal nou ‘n belangrike deel van pres. Zuma se nalatenskap vorm. Alles gaan oor R246 miljoen van belastingbetalers se geld wat vermors is om die president se eie woonhuis te verbeter,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.