Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City open Kagiso-biblioteek ná sewe jaar

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) open uiteindelik ná sewe jaar die biblioteek in Kagiso-uitbreiding 6 op 16 Maart.

Die biblioteek is reeds in 2019 voltooi, maar kon nie sy deure open nie weens administratiewe- en Infrastruktuurprobleme.

Die VF Plus het tydens ʼn oorsigbesoek van die sport en kultuurkomitee die opening verwelkom, maar het kommer uitgespreek oor die vertraging in die opening van ’n belangrike gemeenskapsgerief ten spyte van die groot behoefte aan studie- en leergeriewe in die gebied.

Die opening van die biblioteek is daarom ’n positiewe stap in gemeenskapsontwikkeling en sal ʼn belangrike rol speel in:
• Toegang tot boeke, studiebronne en inligting
• Internet- en rekenaartoegang vir studente en inwoners
• Veilige studie- en leeromgewing vir jongmense
• Programme ter ondersteuning van leesvermoë, opvoeding en vaardigheidsontwikkeling.

Die VF Plus sal met gereelde oorsigbesoeke toesien dat die gerief volhoubaar bestuur en behoorlik onderhou word sodat dit nie weer verval of vir lang tye gesluit word nie.

Die gemeenskappe van Mogale City verdien biblioteke wat funksioneer en ’n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van jongmense en studente lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.